YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Gewilde Bybelverse vanaf Jeremia 44

1

Jeremia 44:16-17

Die Boodskap

DB

“Ons sal nie na die dinge luister wat jy sê van die Here af kom nie! Ons sal alles doen wat ons beloof het ons sal. Ons sal wierook brand vir die koningin van die hemel. Ons sal ook drank uitgooi om te wys dat ons haar vereer. Dit is tog wat ons nog altyd gedoen het en ook ons voorouers voor ons. Ons konings en ons leiers het dit ook gedoen. Ons almal het dit gedoen in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem. En toe ons dit gedoen het, het ons volop kos gehad. Dit het eintlik sommer baie goed met ons gegaan. Ons het nie probleme geken nie.

Vergelyk

Verken Jeremia 44:16-17

2

Jeremia 44:18

Die Boodskap

DB

Maar vandat ons opgehou het om vir die koningin van die hemel wierook te brand en drank uit te gooi as ’n offer aan haar, gaan dit sleg met ons. Ons het niks. Ons mense gaan dood in oorloë en van honger omdat daar nie kos is nie.”

Vergelyk

Verken Jeremia 44:18

3

Jeremia 44:23

Die Boodskap

DB

Die Here bring hierdie ellendes oor julle omdat julle wierook gebrand het. Julle het nie gedoen wat die Here van julle verwag nie. Hy het vir julle sekere reëls en riglyne gegee waarvolgens julle moes lewe, maar julle het julle nie daaraan gesteur nie.”

Vergelyk

Verken Jeremia 44:23

Vorige hoofstuk
Volgende hoofstuk
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's