want alhoewel julle, vanweë die tyd wat julle geleer het, leermeesters behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle moet leer wat die eerste beginsels van die woorde van God is en het julle weer ’n behoefte aan melk en nie aan vaste kos nie,
maar elkeen wat melk drink, is nie bekend met die boodskap van onpartydige opregtheid nie omdat hy ’n baba is