Die God van vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, wat die groot Herder van die skape, Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester, deur die bloed van die ewige verbond uit die dood uit gebring het;
Hy sal julle volmaak maak in elke goeie daad, om Sy wil te doen en Hy sal ín ons alles wat uitstekend is voor Hom, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, aan Wie die lof, eer en waarde toekom tot in tydlose ewigheid, uitvoer! Dit is waar!