Die derde het geblaas en ’n groot ster, wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval en dit het op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine geval.
Die naam van die ster word Wilde-als (Apsythna) genoem en ’n derde van die waters het soos als(em)kruid geword en baie mense het doodgegaan van die water omdat dit bitter geword het.