1
Openbaring 22:13
PWL Druk Weergawe (Siries)
PWL
Ek is Alef en Ek is Tau, die Eerste en die Finale, die Oorsprong en die Afhandeling.
Vergelyk
Verken Openbaring 22:13
2
Openbaring 22:12
“Let op, Ek kom dadelik en My beloning is by My en Ek sal vir elkeen gee volgens sy dade.
Verken Openbaring 22:12
3
Openbaring 22:17
Die Gees en die bruid sê: “Kom!” Laat hom wat hoor, sê: “Kom!” Laat hom wat dors het, kom en die water van die lewe neem, sonder koste.
Verken Openbaring 22:17
4
Openbaring 22:14
Geseënd is dié wat Sy opdragte gehoorsaam, want hulle sal outoriteit hê om te gaan na die boom-van-die-lewe en sal ingaan deur die poorte in die stad in.
Verken Openbaring 22:14
5
Openbaring 22:7
Let op, Ek kom gou. Geseënd is die een wat die boodskap van die profesie van hierdie boekrol gehoorsaam.”
Verken Openbaring 22:7
6
Openbaring 22:5
en daar sal geen nag wees nie en hulle het geen lig, lamp of sonlig nodig nie omdat יהוה-God vir hulle lig gee en hulle Koning vir tydlose ewigheid is.
Verken Openbaring 22:5
7
Openbaring 22:20-21
Toe Hy hierdie dinge getuig het, het Hy gesê: “Ja, Ek kom gou.” Kom, Yeshua, Die Meester! Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by al Sy afgesonderdes. Dit is waar!</book>
Verken Openbaring 22:20-21
8
Openbaring 22:18-19
Ek getuig teenoor elkeen wat die boodskap van die profesie van hierdie boek hoor: wie ook al by hierdie dinge byvoeg, God sal die plae, waarvan in hierdie boekrol geskrywe is, op hom sit en wie ook al iets van die boodskap van hierdie profesie uit die boekrol wegvat, God sal sy deel wegvat uit die boekrol van die lewe en uit die afgesonderde stad uit, die dinge waarvan in hierdie boekrol geskryf is.
Verken Openbaring 22:18-19