1
Openbaring 14:13
PWL Druk Weergawe (Siries)
PWL
Ek het ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf: geseënd is die dooies, wat van nou af in ons Meester doodgaan, ja, sê die Gees, want hulle rus van hul dade.”
Vergelyk
Verken Openbaring 14:13
2
Openbaring 14:12
Hier is die volharding van die afgesonderdes: hulle wat die opdragte van God uitvoer en getrou bly aan Yeshua.
Verken Openbaring 14:12
3
Openbaring 14:7
Hy het met ’n harde stem gesê: “Vrees en respekteer God en gee Hom eer, lof en aanbidding, want die tyd van Sy oordeel het gekom en aanbid Hom, wat die hemel, die aarde, die see en die waterfonteine gemaak het.”
Verken Openbaring 14:7
4
Openbaring 14:9-11
’n Ander, derde boodskapper het hulle gevolg en met ’n harde stem gesê: “Wie ook al die dier en sy beeld aanbid en sy seël tussen sy oë ontvang het, sal self ook drink van die wyn van die passie van יהוה, wat onverdund ingeskink is in die beker van Sy woede en hy sal gepynig word met vuur en swael voor die afgesonderde engele en voor die Lam.” Die rook van hulle pyniging gaan op tot in tydlose ewigheid en hulle wat die dier en sy beeld aanbid en elkeen wat die merk van sy karakter en outoriteit aanvaar, het dag en nag geen rus nie.
Verken Openbaring 14:9-11
5
Openbaring 14:1
Ek het gesien, let op, die Lam staan op die berg Tziyon en saam met Hom een honderd vier en veertig duisend met Sy Karakter en Outoriteit en die Karakter en Outoriteit van Sy Vader tussen hulle oë geskryf.
Verken Openbaring 14:1
6
Openbaring 14:6
Ek het ’n ander boodskapper met die ewige goeie boodskap deur die hemel sien vlieg om aan alle nasies, stamme, tale en volke te verkondig; aan die wat op die aarde bly.
Verken Openbaring 14:6
7
Openbaring 14:8
’n Ander, tweede, het hom gevolg en gesê: “Sy het geval, sy het geval, Bavel, die grote, wat al die nasies laat drink het van die hartstog van haar seksuele immoraliteit.”
Verken Openbaring 14:8