YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Gewilde Bybelverse vanaf Efesiërs 3

1

Efesiërs 3:20-21-20-21

Bybel vir almal

ABA

Ja, die kerk, almal wat aan Christus Jesus behoort, moet vir God prys, want God is baie sterk. En Hy gebruik sy krag in ons. Hy kan baie meer doen as wat ons dink of vir Hom vra. Almal moet Hom, ons Koning, altyd prys. Amen.

Vergelyk

Verken Efesiërs 3:20-21-20-21

2

Efesiërs 3:16-19

Bybel vir almal

ABA

Ek bid en vra vir God, ons Koning, dat Hy die Heilige Gees moet gebruik en dat Hy julle moet help sodat die geloof in julle harte sterker word. Ek bid dat julle sal glo in Christus, dat Hy in julle harte sal woon en dat julle lewens heeltemal vol liefde sal wees. Dan sal julle weet hoe groot Christus se liefde vir julle is, hoe wyd, hoe lank, hoe hoog en hoe diep dit is. Julle sal dit weet saam met die ander mense wat aan God behoort. Julle kan seker wees dat Christus lief is vir julle, baie meer as wat julle besef. Dan sal julle presies wees soos God wil hê julle moet wees.

Vergelyk

Verken Efesiërs 3:16-19

3

Efesiërs 3:12

Bybel vir almal

ABA

Ons behoort aan Christus en ons glo in Hom. Daarom is ons nie bang om vir God iets te vra nie. Ons glo dat God sal doen wat Hy gesê het.

Vergelyk

Verken Efesiërs 3:12

Gratis leesplanne en oordenkings oor Efesiërs 3

Vorige hoofstuk
Volgende hoofstuk
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
Afrikaans (South Africa)

©2026 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest