Maar ons voorouers
was verwaand en hardkoppig,
hulle wou u bevele
nie gehoorsaam nie.
“Hulle was ongehoorsaam
en het vergeet
van al die wonders
wat U vir hulle gedoen het.
Hulle was hardkoppig.
Hulle het ’n leier aangestel
om hulle terug te vat
na hulle slawerny in Egipte.
Maar U is ’n God wat vergewe,
genadig en vol deernis.
U word nie vinnig kwaad nie,
U is liefdevol en getrou.
U het hulle
nie in die steek gelaat nie