1
JOHANNES 5:24
Nuwe Lewende Vertaling
“Dit verseker Ek julle, wie my woorde hoor en wie vertrou op Hom wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy kom nie in die oordeel nie, maar het reeds oorgegaan uit die dood na die lewe.
Vergelyk
Verken JOHANNES 5:24
2
JOHANNES 5:6
Jesus het hom daar sien lê en was bewus daarvan dat hy geruime tyd al siek was. Hy vra hom toe: “Wil jy graag gesond word?”
Verken JOHANNES 5:6
3
JOHANNES 5:39-40
Julle bestudeer die Skrifte omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe sal kry. Dit is juis daardie Skrifte wat oor My getuig. Julle wil nietemin nie na My toe kom sodat julle die lewe kan ontvang nie.
Verken JOHANNES 5:39-40
4
JOHANNES 5:8-9
Jesus sê toe vir hom: “Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!” Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en begin loop. Op daardie dag was dit die Sabbat.
Verken JOHANNES 5:8-9
5
JOHANNES 5:19
Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so.
Verken JOHANNES 5:19
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's