Gratis leesplanne en oordenkings oor RUT 3:4

Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou Testament
5 Dae
Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan wees om rolmodelle vir hierdie proses te kry. Wie se voorbeeld kan jy volg? Wat beteken dit in die alledaagse lewe om dissipels te maak? Kom ons kyk in die Ou Testament hoe vyf manne en vroue deur hul lewens in ander se lewens (Life-to-Life®) belê het.

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 1
7 Dae
Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament.

Rut
27 dae
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.