Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 5:12

Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplan
7 Dae
Byna almal stem saam dat hierdie wêreld gebroke is. Wat as daar egter 'n oplossing is? Hierdie 7-dag Paasfees leesplan begin met die unieke ervaring van die dief aan die kruis en oorweeg waarom die enigste werklike antwoord op gebrokenheid gevind word in die teregstelling van 'n onskuldige man: Jesus, die Seun van God.

Redding Kom
10 Dae
Redding Kom bekyk die Skrifgedeeltes wat die liedjies geïnspireer het op NewSpring Worship se nuutste album. Hierdie 10-dag studie is geskryf vir nuwe Christene en is 'n viering van wie God is, wat Hy gedoen het en alles wat Hy nog vir ons kan gee. Gaan na https://newspring.cc/music/salvation-rise om die album te koop of om akkoorde en klankbane af te laai.

Die Heerlikheid van God in die Hemel.
10 Dae
As Christene word ons groot en hoor ons verhale oor Jesus, wat uiteindelik in ons plek gesterf het, en uit die dood opgestaan het om ons opstanding na die hemel te waarborg. Ons het die wysheid en kennis om te verstaan dat die hemel ons tuiste is. Ons sal die heerlikheid van God in die hemel sien. Hierdie 10-dag leesplan fokus op ons ewige, perfekte tuiste in die hemel.

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs
15 dae
In Hebreërs ontmoet ons die Lewende Een wat in die middel van God se verhouding met die mensdom staan. Hier ontdek ons God se liefde in sy belofte om ons te herstel en aan ons ’n oorwinnende lewe te gee. Hierdie 15-dae leesplan neem ons op ’n reis — van moegheid na rus, van vervreemding na ’n plek waar ons behoort, en van alleenwees na die uitnodiging om deel te wees van God se familie.

Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies
20 Dae
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

Delf dieper deur Openbaring
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.

Wees Bly - Vier die Adventtyd
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.