Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 21:23

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing
7 dae
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier
7 Dae
Ons leer vir God in die Bybel en ook in die skepping ken. Hy is die ewige, almagtige, alomteenwoordige, onsienlike, onbegryplike, soewereine, genadige, heilige, liefdevolle, alwyse, alwetende, getroue God. Hy is die Redder, Verlosser, Oorwinnaar, Bevryder en Skeppergod. Ken jy Hom regtig?

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die Skrif
9 Dae
Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag studie die ewige betekenisvolheid te wys van wat God in die wêreld doen en hoe Hy ons uitnooi om daarvan deel te word.

Delf dieper deur Openbaring
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.