Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 21:1

Een Minuut Na Jou Dood
6 dae
C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry. Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood gaan gebeur, kan alles vir altyd verander. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan wat saamgaam met Pastoor Craig Groeschel se nuwe reeks, Een Minuut Na Jou Dood.

Wat Jesus gesê het oor sekerheid van verlossing
7 dae
Baie Christene sukkel met onsekerheid oor hulle redding. Die temas is daarop gefokus om mense te help verstaan wat die gronde vir ons geloofsekerheid is.

Die Toegeruste Kerk
8 Dae
Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roeping uitleef wat nie nutteloos is bloot omdat die wêreld in die moeilikheid gedompel is nie, maar juis nou nog belangriker is om die ingrypende liefde van Christus aan die kwesbaarste in ons wêreld te bewys.

Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies
20 Dae
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.

'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan
28 Dae
Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.

Delf dieper deur Openbaring
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.