Gratis leesplanne en oordenkings oor DIE OPENBARING 1:17

Die Sewe Huisraadstukke Van Die Tabernakel
7 dae
Ons vind twee dinge in die voorhof waarop ons aandag gevestig word, naamlik die koperaltaar en die koperwaskom. Altesame was daar sewe items of stukke huisraad rakende die tabernakel. Twee in die voorhof, drie in die Heiligdom en twee in die Allerheiligste. Ons kyk na al sewe items in hierdie plan.

Sterker as die dood
7 Dae
Jesus sterf aan die kruis. Maar toe is Jesus sterker as die dood! Toe klop Hy hierdie aartsvyand. Daarom vier ons lydenstyd met hoop in ons harte. Ons huil oor Jesus se lyding, maar ons vier fees oor sy opstanding uit die dood. Stephan Joubert wil jou in hierdie 7-dag leesplan aanmoedig om die volgende te onthou: Anderkant Jesus se sterfdag wag nuwe lewe vir ons.

My Allerbeste vir Sy Hoogste
7 Dae
Oswald Chambers is bekend vir sy klassieke oordenkings. In hierdie 7-dag-leesplan wil hy jou herinner hoe belangrik die regte verhouding met God is, want daarin vind jy jou blydskap. Dan sal jy vind dat “strome van lewende water” uit jou sal vloei (Johannes 7:38) en kan jy ’n fontein wees waardeur Jesus sy “lewende water” kan laat vloei.

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe
7 Dae
Die Psalms bied vertroosting, bemoediging en inspirasie in alle soorte lewensituasies. Hierdie leesplan bevat sewe psalms wat jou kan help om vertroosting by God te vind, in watter situasie jy jou ook al bevind.

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

Waarom Ek Glo
11 Dae
Op een of ander stadium in jou lewe sal iemand vir jou vra: "Waarom glo jy?" En as iemand anders dit nie vir jou vra nie, kom die meeste van ons by die punt waar ons vir onsself vra: "Waarom glo ek?" Hierdie leesplan wil jou help om baie eenvoudig vir jouself te formuleer waarom jy glo.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

Delf dieper deur Openbaring
28 Dae
Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.