Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 91:9

Onthou Alles Wat God Gedoen Het
5 Dae
Dit is vir ons 'n natuurlike neiging om na die toekoms te kyk, maar ons moet nooit van die verlede vergeet nie. Hierdie plan is geskep om jou oor 'n periode van vyf dae te herinner aan alles wat God gedoen het om jou die persoon te maak wie jy vandag is. Elke dag sal jy 'n Bybelgedeelte en 'n kort oordenking kry om die sleutelgebeurtenisse op jou reis met Christus te help onthou. Vir meer inhoud, gaan kyk by finds.life.church

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Gebede uit ’n Vrou se Hart
5 Dae
Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.