Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 62:2

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
5 Dae
Dis die feesgety om vrolik te wees, maar ook 'n baie besige tyd. Kom rus en aanbid vir 'n oomblik en ervaar hoe dit jou deur die feesgety sal onderhou. Hierdie 5-dag Advent leesplan is gebaseer op die boek "Unwrapping the Names of Jesus". Dit sal jou help om hierdie Kersfees Jesus se rus te ontvang deur vir 'n paar oomblikke sy goedheid te onthou, jou behoeftes uit te spreek, sy stilte te soek en op sy getrouheid te vertrou.

Koester jou hartsmense
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

Lewe Veranderd: Tydens Kersfees
5 Dae
Gedurende die gewoel ter voorbereiding van die feestyd is dit maklik om die ware betekenis mis te kyk van dit wat ons vier. In hierdie 5-dag adventleesplan delf ons dieper in die beloftes wat deur die geboorte van Jesus vervul is en ons hoop op die toekoms. Terwyl ons verder leer oor wie God is, ontdek ons ook hoe om gedurende die feestyd met geloof, hoop, vreugde en vrede te leef.

Lewe Veranderd: Vertrou Op God
5 Dae
Selfs wanneer ons weet dat God getrou is, kan dit vir ons moeilik wees om met oop hande te lewe en ten volle op Hom met ons lewens te vertrou. Ons wil verstaan waarom dinge gebeur en ons wil beheer daaroor hê. Hierdie 5-dag leesplan sal jou help om in meer besonderhede te verstaan wie God is, wat Hy gedoen het, en wat Hy vir jou wil hê sodat jy meer op Hom kan begin vertrou.

Die Lig Op My Pad
7 dae
Om ’n Christen te wees, is ’n avontuur. Elke dag wag daar nuwe geleenthede én uitdagings, vreugdes én teleurstellings. Genadiglik hoef ons die reis nie alleen aan te pak nie. God het sy Woord aan ons gegee – as lig op ons pad! Meer nog, Jesus self stap saam. Stap saam met Piet Meiring deur 7 oordenkings oor vertroue uit sy dagboek DIE LIG OP MY PAD.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.

Onverwags
14 Dae
Dit is tyd om vrees agter te laat, in geloof vorentoe te beweeg en om die avontuur aan te gryp. Met behulp van hierdie 14-dag leesplan gaan jy jou geloof versterk in 'n God wat goed is en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede.