Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 56:8

7 Stadiums van Verdriet na 'n Miskraam
7 Dae
Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as wat moontlik is. Net God kan die vrede en genesing bring waarna ons harte smag. Hierdie leesplan gaan die sewe stadiums van verdriet identifiseer en vroue lei om ware genesing in die Woord van God te vind.

Soek God Daardeur
10 Dae
Depressie. Angs. Sekere insidente en traumatiese gebeure kan 'n verstandelike, emosionele en geestelike tol van ons eis. Gedurende hierdie tye is dit moeilik en voel selfs oorbodig om God op te soek. Hierdie leesplan, "Soek God Daardeur" het ten doel om jou te bemoedig en te leer hoe om proaktief in die teenwoordigheid van God te wees sodat jy, ongeag jou situasie, die vrede van God kan ervaar.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.