Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 18:3

Leef deur geloof
5 dae
Deur geloof in God word lewens verander, seën ontvang en hoop aangevuur. Geloof in God is die begin van ’n nuwe lewe vol verwondering oor God se grootheid en mag. In hierdie leesplan sal jy die krag van geloof ervaar en ontdek hoe jy jou geloof kan laat groei. Hierdie oordenkings is geneem uit GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in Rou
5 Dae
Toe Kim se driejarige seun oorlede is, het sy heelwat hulpbronne oor rou gekry. Sy sê egter wat sy werklik nodig gehad het: "was iemand wat my kon raad gee om te lewe, nie net om te rou nie." In hierdie 5-dag leesplan deel Kim 'n rou kwesbaarheid, 'n diep put van wysheid en die wete van Iemand wat daar was, terwyl sy treurende ouers deur die lewe-na-die-dood-proses en die oorlewing van hartseer na verlies begelei.

Stiltyd Gedigte
5 Dae
Koning Dawid is sekerlik die beste voorbeeld wanneer gedigte ter sprake kom. Hy het gereeld God se lof besing, sy grootheid erken. Tydens krisistye het hy by God gepleit. Selfs koning Salomo het hierdie gawe by Dawid geërf; wandel gerus deur Hooglied. In jou stiltyd kan gedagtes ‘n gedig voor God se voete word, in goeie en slegte tye. In hierdie leesplan val woorde in lyn om te rym.

Gebede uit ’n Vrou se Hart
5 Dae
Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.

God Is _______
6 dae
Wie is God? Ons het almal verskillende antwoorde, maar hoe weet ons wat is waar? Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, dit is tyd om God te ontdek vir wie Hy regtig is — werklik, teenwoordig en gereed om jou te ontmoet waar jy is. Gee die eerste tree met hierdie 6-dag leesplan wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, God Is _______, vergesel.

Wees Sterk en Standvastig
10 Dae
Wanneer dit voel of die uitdagings van die lewe vir jou te veel raak, draai na die Woord van God toe en skep weer nuwe moed. Hierdie 10 oordenkings uit WEES STERK EN STANDVASTIG sal jou help om nuwe moed en krag te kry vir elke dag se uitdagings by die heel grootste Bron van krag.

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here
30 Dae
Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. Soos hy jou met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid inspireer en uitdaag, sal jy vind dat jy meer tyd wil afstaan om met God te kommunikeer.

God se Hartklop
30 Dae
'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "God se Hartklop". Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O Vader, U is ...". Dan word sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O Vader, U is goed") ontvou. Hierdie Skrifgevulde oordenkingsgebede lei die leser tot 'n beoefening om God se Naam te verhef, wat weer lei na 'n dieper begrip van sy doelbewuste hartklop van liefde vir sy mense.