Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 130:6

Hoekom wag?
4 Dae
Ek hou nie daarvan om te wag nie. Dit is waarskynlik hoekom God my weer en weer leer om getrou, hoopvol en met verwagting op Hom te wag. As jy vir iets op die Here wag, moenie hierdie reis misloop hoe ons gedurende wagtydperke kan moed skep (eerder as om ons verstand te verloor) nie!

TYDSAAM
5 Dae
Die woord "tydsaam" beteken om nie haastig te wees nie, om ‘n stadiger tempo te handhaaf en om rustig te wees. Ons beweeg elke dag binne spasies van tyd — meestal vinnig en te besig om tyd saam met God deur te bring. Maar God beweeg saam met ons op sý tyd. Meestal tydsaam ...

Hoop vir elke dag
7 dae
Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspirerende dagstukke deur Jimi le Roux, sal elke dag vir jou hoop en vernuwing bring.

Net soos jy is
7 dae
Milanie Vosloo het een boodskap vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef. Jy kan elke dag weet Hy het élke faset van jou lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak. In hierdie wete kan jy elke dag met nuwe moed aandurf.

Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te Wag
7 Dae
Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons hoor, is stilte. Hierdie 7-dag leesplan sal tot jou hart praat hoe om binne die wil van God vorentoe te beweeg, selfs wanneer God oënskynlik stil is.

Wanneer ek in die donker skaduwees loop
7 Dae
Dit gebeur so dikwels dat ons beleef God is "weg". Ek beleef nie meer sy teenwoordigheid nie. Hy werk nie meer soos Hy altyd gewerk het nie. Ek kry nie antwoorde op my gebede nie. Waar is Hy nou? Het Hy sy rug op my gedraai? Het Hy my nie meer lief nie? Hierdie leesplan sal sommige van hierdie vrae beantwoord.

Liefde sonder vooroordeel
27 Dae
Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.

BibleProject | Advent Oordenkings
28 dae
BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.