Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 4:25

Inspirasie-oomblikke
7 dae
Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebruik! Lindie Strydom deel in hierdie 7-dag-plan die wysheid en inspirasie wat sy in die lewe leer. Dit sal jou aanspoor om die lewe te vier en Jesus ’n prioriteit te maak. Hierdie inspirerende oordenkings is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE.

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie
7 Dae
Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om ons vreugde daarin te vind om allereers op Hom te fokus. Ek hoop die kort oordenkings uit my boek "Free of Me", vind aanklank by jou begeerte om jou los te maak van jouself en aan God vas te hou. Daar vind ons ware vryheid!

Wysheid om Reg te Leef
7 Dae
In ons vinnig veranderende en geweldig uitdagende wêreld, het ons wysheid nodig om te leef. Ons samelewing trek en stoot ons in verskillende rigtings, en in hierdie onrus het ons 'n geesteskompas nodig om ons op die regte pad te lei. Ons het wysheid nodig om reg te leef. In dié sewe-dag leesplan, hoofsaaklik op Spreuke gebaseer, verken ons hierdie onderwerp soos aangebied deur Salomo.

Lewenskwessies
8 Dae
Die hart, geestelik en fisiek, vereis aandag. God sê jy moet jou hart bo alle ander dinge met alle ywer bewaak as gevolg van al die lewenskwessies wat uit jou hart vloei deur die loop van jou lewe. Begin hierdie 8-dag hart-stappie deur Femi Monehin.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.
