Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 15:22
Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit Spreuke
10 Dae
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geld en besigheid. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se maniere te leer om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe om verantwoordelik te wees met hul geld sodat hulle 'n vrygewige lewe kan lei en 'n nalatenskap vir toekomstige geslagte kan agterlaat. Oor die volgende tien dae sal Dave die boek Spreuke gebruik om vir jou 'n paar praktiese Bybelse stappe te wys om in finansiële vrede te wandel.
Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met Jesus
30 Dae
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".