Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 4:19

Hoe om Dankbaar te Wees vir Jou Lewe
5 Dae
Regdeur die Bybel word ons geroep om "dankbaar te wees" en "dankie te sê". Hoekom? Omdat ons baie het om voor dankbaar te wees! Ons word egter nie per ongeluk dankbaar nie, maar deur 'n doelbewuste gewoonte van dankbaarheid, sal ons selfs beter weergawes van onsself word soos ons Jesus volg.

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

Familie Eerste Maak Saak
7 Dae
Een van die mees algemene probleme in die vinnige samelewing waarin ons leef, is hoe om 'n gebalanseerde lewe te skep tussen persoonlike, familie- en professionele lewe, areas waarin ons almal wil presteer. Dit veroorsaak dikwels onnodige spanning wat lei tot ongesonde, stresvolle werk en uiteindelik ly ons produktiwiteit daaronder. Die gebruik van dié 7-punt Welstandmodel sal ons help om ons lewens so te verander dat ons dit beter kan bestuur, doeltreffende werkers kan word en ons gesinsverhoudings kan verbeter.

Maak Plek vir Wat Saak Maak: 5 Geestelike Gewoontes vir Lydenstyd
7 Dae
Lydenstyd: 'n 40-dag tydperk van nadenke en inkeer. Dit is 'n mooi gedagte, maar hoe lyk dit nou eintlik as 'n mens aan die Lydenstyd deelneem? Oor die volgende sewe dae gaan ons vyf geestelike gewoontes ontdek wat jy gedurende Lydenstyd kan beoefen om jou hart te help voorberei vir Opstanding Sondag — en daarna.

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
7 Dae
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?

Daaglikse Gedagte
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die Filippense
14 Dae
Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Hoop Vir ’n Nuwe Dag
14 dae
Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.

Filippense
20 dae
Hierdie "dankie"-briefie aan die Filippense gee hulle 'n vreugdevolle perspektief van die moeilike tye waarin hulle verkeer en moedig hulle aan om nederig saam daardeur te gaan. Reis daagliks deur Filippense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Filippense - Kies Vreugde
27 Dae
Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.

Ontdek jou Finansiële Pad
28 Dae
Hierdie leesplan is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word. Het jy hulp nodig om God eerste in jou finansies te stel? Laai maandelikse en/of weeklikse begrotingsvorms af, kyk na preke en word aangemoedig deur suksesverhale by www.newspring.cc/financialplanning

'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.