Gratis leesplanne en oordenkings oor NUMERI 6:23

God se vaders - vrae vir vaders
7 Dae
Vir Godvresende vaders is daar nood in hierdie tyd. Hierdie leesplan vra 'n hele aantal vrae aan vaders. Die doel van die vrae is NIE om vaders skuldig te laat voel nie, maar om hulle te help om goeie en gesonde verhoudings met hulle kinders te bou, hulle tot geestelike volwassenheid te begelei en hulle vir hul verantwoordelikhede as volwassenes voor te berei.

Daaglikse Bemoediging vir Vroue
7 Dae
As jy op die oomblik moeg en gespanne is, is dit maklik om op moedverloor se vlakte te beland. Nina Smit kom bemoedig jou in hierdie 7-dag-leesplan en sê jy moenie toelaat dat die negatiewe omstandighede van die oomblik jou aandag aflei, jou ontmoedig of jou aan God laat twyfel nie. Jy kan moed skep. God is volkome in staat om vir jou weer nuwe moed te gee!

Die Priesterskap
8 dae
Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.
