Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 16:11

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees
6 dae
Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.

Heilige Gees: Is Ons Vlambaar of Brandbestand?
7 dae
Daar is 'n dinamiese, opstandingskrag binne-in jou. Evangelis, Reinhard Bonnke, het 'n paar kragtige leringe oor die Heilige Gees vir jou neergepen en het dinamiese Punte van Krag oor die Heilige Gees geskryf. Hierdie 7-dag studie sal jou denke oor die Heilige Gees uitdaag en jou inspireer om te glo in die wonderlike krag van die Gees in jou.

Liefde Bly Staan Heilige Week
8 Dae
Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan gedurende hierdie Heilige Week saam met Jesus op 'n geestelike reis deur die Evangelies, vra aan God 'n eenvoudige vraag en beleef die enorme liefde van God.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!