Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 15:5

Paasfees: As die Graf Kon Praat
6 Dae
Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het. Jesus het teen die graf te staan gekom en die dood oorkom, en wanneer Jesus praat, praat die graf ook.

'n Paasfees saam met Jesus
7 Dae
Stephan Joubert gesels oor Paasfees en herinner jou dat dit by die kruis is waar God wys hoe lief Hy vir ons is. In die Lydenstyd en Paastyd beleef ons opnuut hoe duur Jesus se aardse sending Hom gekos het. Ons herinner onsself dat Hy selfs die dood moes trotseer sodat ons vir altyd in sy lig mag leef. Jesus het inderdaad sy grootste wonderteken vir laaste gelos.

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige Week
10 Dae
Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat die belangrikste was vir Christus — dat jy sy mense moet liefhê en Hom volg? Wat sou Hy vir jou wou leer in hierdie Heilige Week?
