Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 1:32

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God
6 Dae
Voel jy gefrustreerd omdat daar nie meer as 24 ure in 'n dag is nie? Is jy oorweldig deur al die projekte wat op jou taaklysie is? Is jy moeg daarvoor om nie genoeg tyd te hê om in die Woord van God of met jou vriende en familie deur te bring nie? Dit is dalk 'n baie algemene worsteling op hierdie aarde. Die goeie nuus is dat die Bybel duidelike riglyne het oor hoe ons ons tyd goed kan bestuur. Hierdie leesplan sal die Skrif aan jou verduidelik en praktiese raad gee oor hoe om jou tyd ten beste te gebruik terwyl jy nog lewe!

Inspirasie-oomblikke
7 dae
Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebruik! Lindie Strydom deel in hierdie 7-dag-plan die wysheid en inspirasie wat sy in die lewe leer. Dit sal jou aanspoor om die lewe te vier en Jesus ’n prioriteit te maak. Hierdie inspirerende oordenkings is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za