Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 4:21

Wat beteken dit om Jesus te volg?
3 Dae
Indien jy al ooit gewonder het wat dit regtig beteken om Jesus te volg, is jy nie alleen nie. Ons is geneig om dit moeiliker te maak as wat dit is. In hierdie kort leesplan gaan ons leer hoe Jesus ons roep om Hom te volg, en sy hart agter so 'n groot versoek leer ken.

Die Nastrewe
5 Dae
Elke verhouding begin met 'n strewe — die pragtige dans om te ken en geken te word. ‘n Verhouding met God is presies dieselfde. In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Amy Groeschel se nuutste 4-week Bybelstudie, “The Pursuit”, sal jy nie slegs ontdek hoe om God ten volle na te streef nie, maar jy sal ook besef hoe groot God se strewe na jou is!

Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?
5 Dae
Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit verskillende Bybelverhale ontdek, soos wat ons dit ontvang en ook aan ander gee.

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg
6 Dae
Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom te volg en vissers van mense te maak. Die twee begrippe kan nie van mekaar geskei word nie.

Wat Jesus Gesê Het Oor Ons Roeping Om Dissipelmakers Te Wees
6 dae
Jesus het vir ons 'n roeping gegee: ons, die kerk, sy dissipels en alle gelowiges moet uitgaan na al die nasies toe, mense sy dissipels maak en hulle leer om Jesus te volg. Dit is waaroor hierdie leesplan gaan.

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

Wat Jesus gesê het oor hoe om getuies te wees
8 dae
Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

Die Karakters van Paasfees: Simon Petrus
10 Dae
Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en leë graf. Kom saam met die skrywer, Daniel Darling, op hierdie 10-dag leesplan om die lewe van Simon Petrus, 'n onwaarskynlike karakter wat deel is van Jesus se verhaal, te ontdek.