Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 3:15

Wat is die doop? 'n Drie-dag leesplan ter voorbereiding of besluitneming
3 Dae
Wat is die doop? Moet ek gedoop word? Hoekom is dit belangrik? Moet ek gedoop word om 'n Christen te kan wees? Of jy nou vrae oor die doop het en of jy net op soek is na 'n kort leesplan voor of na jou doop, is hierdie Life.Church leesplan ideaal om vandag mee te begin.

Doop: 'n nuwe lewe
4 Dae
Nadat jy jou hart en lewe aan Jesus gegee het, is die doop een van jou belangrikste volgende stappe. Dit is ’n uiterlike teken van die groot innerlike verandering wat God reeds in jou lewe begin het. Wanneer jy gedoop word, volg jy Jesus se voorbeeld, reageer jy in gehoorsaamheid op sy opdrag en verklaar jy openlik: “Ek behoort aan Jesus. My ou lewe is verby. Ek leef nou vir Hom.”

Die Sewe Rolle Van Die Heilige Gees
7 Dae
In hierdie 7-dag leesplan wat op die boek "Set My Heart on Fire" deur J. Lee Grady gebaseer is, sal jy die Heilige Gees, wat alles kan doen, ontmoet. Hy is die Gees van God. Met onbeperkte krag en wysheid kom leef Hy gewillig in enige persoon wat in Jesus Christus glo.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop
7 Dae
Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese Bybelse redes vir die doop en 'n aantal vrae wat mense daaroor vra.

Wanneer die Heilige Gees werk
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

Die Evangelie Van Matteus - Vervul in Jesus
8 Dae
Wat ons oor die evangelie glo is van ewigheidswaarde, en dit bepaal ook die koers van jou lewe op aarde. So, wat is die evangelie? Matteus se goeie nuus is die verhaal van hoe Jesus al die beloftes en doelwitte van God met Israël vervul het. Hy wys hoe Jesus deur Israel se geskiedenis geloop het om God se reddingsplan te voltooi. Ons is so vertroud met die gelykenisse en wonderwerke in hierdie Evangelie, maar ons het die evangelis se groot storie van Jesus heeltemal gemis. Dit is beide vertroostend en uitdagend, en sal jou werklik verstom.