Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 26:21

Jou doel is nie perfeksie nie
5 Dae
Mamma, het jy al gewonder waarvoor jy hier is, tussen die min slaap, die skottelgoed wat nooit ophou nie en die daaglikse chaos? Jy is nie alleen nie. In die gejaag van die lewe vergeet ons maklik dat ons lewens ewigheidswaarde het. Wanneer ons nadink oor die dae voor Jesus se kruisiging, sien ons hoe sy verhaal op ’n besondere manier met ons eie lewens verweef is. Jou doel lê nie in hoeveel jy vandag reggekry het nie, maar in die liefde van ’n Verlosser wat alles gegee het om jou naby Hom te bring.

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
8 Dae
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!

Jesus se Laaste Dae
8 dae
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.