Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 26:19

'n Plek Aan Die Tafel
7 Dae
'n Waskom. Nagmaalelemente. 'n Visvangnet. Dit is alles deel van 'n vertoonstuk van 'n baie spesiale byeenkoms. In hierdie leesplan gaan jy sien hoe elke unieke stuk toneelversiering 'n manier voorstel waarmee jy uitgenooi word om deel te wees van die hemelse koninkryk hier op aarde.

Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en Eerstelingsgerf
7 dae
In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.

'n Paasfees saam met Jesus
7 Dae
Stephan Joubert gesels oor Paasfees en herinner jou dat dit by die kruis is waar God wys hoe lief Hy vir ons is. In die Lydenstyd en Paastyd beleef ons opnuut hoe duur Jesus se aardse sending Hom gekos het. Ons herinner onsself dat Hy selfs die dood moes trotseer sodat ons vir altyd in sy lig mag leef. Jesus het inderdaad sy grootste wonderteken vir laaste gelos.

Vir die Vreugde Wat Vir Hom In Die Vooruitsig Was: 'n Paasoordenking
8 Dae
Die laaste week in Jesus se lewe op aarde was nie 'n gewone week nie. Dit was tyd vir bitter-soet totsiens-sê, vir oorvloedige geskenke, wrede verraad en gebede wat die hemel geskud het. Herleef hierdie week, van palmsondag tot die mees wonderbare opstanding, terwyl ons saam deur die Bybelse verhaal lees. Ons sal saam met die skares in Jerusalem se strate juig, in woede op Judas en die Romeinse soldate skree, saam met die vrouens by die kruis huil en op Paassondag met sonsopkoms feesvier!

Jesus se Laaste Dae
8 dae
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.