Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 24:10

GEVEGSBEPROEF
5 Dae
Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die geestelike gevegte wat jy in die lewe sal hê.

Die Weg van die Koninkryk
5 Dae
God maak sy kerk wakker, en ons moet die geheelbeeld begin sien. Wanneer tye moeilik raak, sal ons in die versoeking kom om tou op te gooi. Dit is egter nie nou tyd om moed te verloor nie. Sluit by ons aan terwyl ons leer hoe om die tye waarin ons is te verstaan, asook om strategieë te verkry hoe om op te staan en die koninkryk van God te bevorder.

Begin Weer
7 Dae
Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vir jou 'n nuwe begin skep. Hou jy nie net daarvan om nuut te begin nie! Net soos hierdie leesplan. Geniet dit!