Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 16:28

Nege Algemene Leuens Wat Christene Glo
5 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holruggeryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens te benader met die waarhede oor God in die Bybel om sodoende bemoediging en vryheid in ons lewens te bring.

Wat Jesus Gesê Het Oor Totale Oorgawe en Sterf Aan Jouself
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.