Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 14:7

Kultiveer Lewe by Jou Werk
10 Dae
Om ’n volgeling van Jesus te wees en in die markplek te lei, moet ek verseker dat daar ’n florerende, lewegewende kultuur is vir die mense waarvoor ek verantwoordelik is. Om ’n lewegewende kultuur te kweek waarin mense kan floreer, moet ek ’n kultuurargitek word. ’n Kultuurargitek volg doelbewus ’n Bybelsgeïnspireerde bloudruk om ’n kultuur te ontwerp wat mense in staat stel om vrywillig die beste van wat hulle het, aan hul werkplek te gee. Hierdie studie bied vir jou ’n Bybelse bloudruk gebaseer op die boek "Cultivate with Intent" van Hermann du Plessis.

Stormbestand
21 dae
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!