Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 13:7

Dade van Bekering
5 Dae
Bekering is een van die noodsaaklike aksies wat ons neem wanneer ons Christus aanneem as ons persoonlike Saligmaker. Bekering is óns aksie en vergifnis is die reaksie van God vanuit sy volmaakte liefde vir ons. Gedurende hierdie vyf-dag leesplan sal jy 'n daaglikse Skrifgedeelte ontvang, saam met 'n kort oordenking wat ontwerp is om jou beter te laat verstaan hoe belangrik jou wandel met God is. Vir meer inhoud, kyk by www.finds.life.church

Vrygespreek
5 dae
Hierdie dagstukkies herinner ons dat ons geloof gebou is op God se oneindige groot genade vir ons. In ‘n wêreld waar daar maar baie min genade te sien is, soms veral in die kerk, kom spreek God ons deur Jesus Christus vry van alle skuld en sonde. Ons kan met geruste hart as vry kinders van God leef. Hierdie leesplan is gebaseer op Stephan Joubert se boek VRYGESPREEK!

'n Paasfees saam met Jesus
7 Dae
Stephan Joubert gesels oor Paasfees en herinner jou dat dit by die kruis is waar God wys hoe lief Hy vir ons is. In die Lydenstyd en Paastyd beleef ons opnuut hoe duur Jesus se aardse sending Hom gekos het. Ons herinner onsself dat Hy selfs die dood moes trotseer sodat ons vir altyd in sy lig mag leef. Jesus het inderdaad sy grootste wonderteken vir laaste gelos.

Heilige Week met Die Uitverkorenes
8 Dae
Deur 'n mengsel van Skriflesings, uittreksels uit "Die Uitverkorenes" en oordenkingsmateriaal, sal hierdie 8-dae Heilige Week leesplan diep besinning en gebed aanwakker terwyl jy reg in die middel geplaas gaan word van sleuteloomblikke tydens Jesus se laaste dae van bediening op aarde: vandat Hy Jerusalem binnery tot by die skoonmaak van die Tempelhowe, na die Bovertrek - en verder in die Tuin.

Aan Die Voete Van Die Vader
10 dae
Deur Jesus het alles vir ons ten opsigte van God verander. Ons het vrede met Hom en ons het toegang gekry tot sy troon van genade. In Christus is ons nie in ’n hofsaal-situasie voor God nie, maar in sy troonkamer. Jesus het jou in hierdie heerlike genadeposisie gebring – en daaruit kan jy léwe. Hierdie 10 oordenkings is saamgestel uit AAN DIE VOETE VAN DIE VADER deur Isak Burger.