Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 10:1

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te Bid
5 Dae
Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een miljard mense. Sluit aan by die 5-dag leesplan om die Woord te lees saam met maklike en effektiewe metodes om vir mense te bid wat nie 'n Bybel het nie.

Herlewing in Nagaland Onder Die Headhunters
12 Dae
Nagaland is 'n provinsie van Indië, hoog in die Himalayaberge. Gedurende die tweede helfte van die 1900's was dit die enigste plek waar daar nog steeds kopjagters (headhunters) was. Gedurende 1957 het daar 'n uiters kragtige herlewing uitgebreek. Soos in die Nuwe Testament, was daar tekens, wonders, kragtige dade, genesings, drome, visioene en bevryding van demoniese magte.
