Gratis leesplanne en oordenkings oor JOB 8:21

Advent: Wat beteken dit?
5 Dae
Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “takkie” vanuit koning Dawid se stamboom. Tradisie word soms steeds gevolg deur die gebruik van kerse wat hoop, vrede, vreugde en liefde verteenwoordig.

'n Geliefde Baba: 'n 7-dag Leesplan na 'n Miskraam
7 Dae
Een uit elke vier vroue verloor 'n swangerskap. Dit is 'n ingewikkelde en hartverskeurende droefheid. In hierdie oordenkings stap die skrywer, Sarah Philpott, in deernis saam met diegene wat misplaaste skaamte, afsondering en verpletterende wanhoop ervaar wat gepaardgaan met miskraam en 'n doodgebore baba. Sarah sal jou help om na Christus as ons hoop te kyk en die belofte dat ons kinders in die hemel is. Hierdie leesplan is gebaseer op Philpott se boek, "Loved Baby: 31 Devotions Helping You Grieve and Cherish Your Child After Pregnancy Loss."