Gratis leesplanne en oordenkings oor JOB 19:27

Geanker in geloof
7 Dae
Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.

Die Selfversekerde Vrou Oordenking
14 Dae
Vroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Jy is kreatief, deernisvol, intelligent en, volgens die Bybel, gelyk aan mans. Jare se misbruik en verkeerde sienings van vroue het egter veroorsaak dat baie van julle die selfvertroue verloor het wat God wil hê jy moet geniet. Jy voel dalk dat jy op een of ander manier "minder" as mans is. Minder waardevol. Minderwaardig. Die waarheid is, jy is baie waardevol vir die samelewing, maar nog belangriker — vir God. God wil hê dat jy moedig, gerespekteer, bewonder, bevorder, gesog en bowenal, geliefd moet wees. En jy kan! Hierdie daaglikse oordenkings sal jou lei na 'n selfversekerde lewe gevul met liefde, lag en sy aanvaarding. Skryf daarop in. Kleurmerk dit. Maak die reis jou eie.