Gratis leesplanne en oordenkings oor JOB 1:21

Ek is Dankbaar
4 dae
Dankbaarheid verander wat ons het, in genoeg. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om 'n dankbaarder perspektief te ontdek. Begin lees uit deel twee van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Alles Oor Die Hemel — Droefheid
5 Dae
Die dood het op ons almal 'n invloed, maar hoe hanteer ons die verlies van 'n geliefde? Hierdie leesplan verskaf hoop en vertroosting te midde van droefheid.

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Vind God in Werkloosheid
7 Dae
Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Volharding saam met Job: Sewe Dae van Hoop
7 Dae
Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om die kragtigste en uitdagendste antwoord vir pyn te verskaf, waarvan die wêreld nog ooit gehoor het.

Wanneer Jy Voel Jy Is in Die Woestyn
8 Dae
So dikwels hoor ons mense sê: "Ek voel of ek in die woestyn is." Mense "voel" God nie, hulle "beleef" Hom nie. Hulle voel verdwaal. Vir sommige is dit weke of maande of jare al wat hulle so voel. Dit voel nie of God naby is nie. Hulle voel verwerp, oorbodig, niks maak sin nie. Is die Bybel ooit die waarheid? Hierdie leesplan behoort jou te help om meer sin te maak van jou situasie.

Die Onpopulêre Jesus
8 Dae
Mense hou van Jesus wanneer dit goed gaan, hulle gebede beantwoord word en dit goed gaan. Wanneer daar egter swaar tye kom, nie al hulle vrae beantwoord word nie en daar vervolging is, is Jesus nie so populêr nie. By die wêreld is Hy populêr totdat "volg My en onderwerp jou aan My" in gedrang kom, dan is Hy nie meer populêr nie.

Vertrou Op Die Een Wat Getrou Is
14 dae
“As jy vandag jou vertroue in iemand wil plaas, is daar niemand wat jou vertroue meer verdien nie as die Goeie Herder, die Here Jesus Christus. Ek kan hierdie Herder van harte aanbeveel. Sedert die dag dat ek die eerste keer my vertroue in Hom geplaas het, het Hy my nog nooit in die steek gelaat nie.” Deel Angus Buchan se vertroue-reis in 14 oordenkings uit sy dagboek ’N MOSTERDSAAD.