Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 12:9

Die Albaste Fles
5 Dae
'n Lewe wat uitgegiet is. Ons sien hierdie voorbeeld in die lewe van Maria wat vir Jesus gesalf het (Johannes 12:1-8). Kom ons gebruik die volgende vyf dae om ook soos Maria te maak, wat die albaste fles gebreek het, sodat ons oorweldig kan word met Jesus se geur.

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier
8 dae
Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waarom dit plaasgevind het, alhoewel dikwels tragies, is dit tog uiteindelik goeie nuus. Daar sal elke dag 'n kort leesstuk uit 'n psalm, een van die Ou Testamentiese profete en 'n paar verse uit die Nuwe Testament wees. Daar sal ook 'n kort oordenking wees om jou deur daardie gedeeltes te lei om die diepsinnige van Jesus se laaste dae op aarde te besef.

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.