Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 31:10

Vreesloos
7 Dae
Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was was? Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms ... Milanie Vosloo herinner ons vandag dat daar een plek is waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader!

Om Rus in die Lewensritmes te Vind
10 Dae
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat om ons aandag meeding, beland ons maklik in ongesonde siklusse van rus. Ons stry en span ons in teen God se doel vir ons lewens — en brand onsself uit. Hierdie 10-dag leesplan sal jou op geestelike weë lei wat jou sal help om jouself vir die Here ontvanklik te maak; om gemeenskap en intimiteit met Hom te ervaar — en ware rus vir jou siel te vind.