Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 9:28

Christus se Groter Verbond — Jesus Is Groter Reeks #5
6 dae
Ons lees in die Woord van God dat sonder die vergieting van bloed, daar geen vergifnis kan wees nie. Gehoorsaamheid is beter as opoffering. Die openbaring van hierdie woorde speel af toe Jesus se gehoorsaamheid gelei het tot die vergieting van sy bloed en die uiteindelike opoffering gemaak is — vir ons! Hierdie is leesplan vyf van nege van die boek Hebreërs waar ons sien dat, alhoewel verlossing vir ons gratis is, daar 'n groot prys was wat Jesus betaal het.

Een Minuut Na Jou Dood
6 dae
C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry. Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood gaan gebeur, kan alles vir altyd verander. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan wat saamgaam met Pastoor Craig Groeschel se nuwe reeks, Een Minuut Na Jou Dood.

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal
8 Dae
BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue, gesinne en groepe te help om na te dink oor sleutelgedeeltes wat die Bybel se veelsydige tema van verlossing uitlig. Wat is verlossing? Hoe werk dit? Wat is die doel daarvan? Deur middel van die Skrif, kort video’s en vrae volg hierdie plan die tema van verlossing vanaf Israel se eksodus tot by Jesus se verhaal en selfs verder en wys hoe God mense uit slawerny en dood red tot vryheid, liefde en ware rus.

Inleiding Tot Die Tabernakelstudies
10 dae
Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. Leer meer oor die tabernakel en die gepaardgaande rituele.

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dae
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan
28 Dae
Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.

Die Beloofde Messias
29 Dae
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis
29 Dae
Van die krip tot die kruis tot by die belofte van sy wederkoms, het Jesus nog altyd uitgereik na ons. Nie om te oordeel nie, maar om te red. Nie om te eis nie, maar om te gee. Nie om op ‘n afstand te bly nie, maar om by ons te woon. Hierdie Bybelstudie neem jou op ‘n reis deur sleutelgedeeltes in die Skrif wat die nabyheid van Christus openbaar.