Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 3:14

Ek is Bemoedigend
4 dae
Om ander te bemoedig, is meer as om net 'n rasieleier te wees. Laat hierdie 4-dag leesplan van Life.Church jou help om die skoonheid en krag van bemoediging te ontdek. Begin lees uit deel drie van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Jy kán God vertrou deur Nina Smit
5 dae
Neem ’n paar oomblikke aan die begin of einde van jou dag om jou hart stil te maak en weer jou verhouding met God te versterk. Gebaseer op “Jy kán God vertrou” deur Nina Smit, gee die geliefde skrywer lesers aanmoediging in moeilike tye. Sy herinner jou aan God se oneindige liefde en sorg vir alle gelowiges. Elke dag bevat ’n Bybelvers, ’n gedagte vir die dag en ’n gebed.

Wees Oor Niks Besorg Nie
7 dae
Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

Geanker in geloof
7 Dae
Wat is geloof? Annes Nel wil jou in hierdie 7-dagleesplan herinner dat geloof is om in God te glo wanneer niks sin maak nie. Dit is ’n manier van lewe. Dit is wanneer ons gedagtes, woorde en dade deurspek is met die liefde vir die Here en vir ons medemens. Dit is wanneer ons élke dag in diens van die Here LEEF — sáám met Hom.

Groei elke dag
7 Dae
In hierdie lewe kan ons dalk struikel en val, ons kan van koers af raak, maar ons kan vertrou dat God ons sal lei terwyl ons in Hom groei. Mallory Larsen moedig jou met hierdie kort oordenkings aan om vas te hou aan jou geloof dat God by jou is, terwyl ons steeds gevorm word namate ons meer oor God (en onsself!) leer.

Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2
8 Dae
Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus definieer, hoe ons hierdie rus betree en hoe ons vanuit hierdie rusposisie groei.