Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 11:32

Ek Is Entoesiasties
4 dae
Voel jy soms net lusteloos? Jy is nie alleen nie — selfs koning Dawid het sy vreugde verloor. Begin lees uit deel vyf van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan en raak weer entoesiasties.

Oorwinnaar: Vind Krag in Moeilike Tydperke
4 dae
Om moeilike tydperke te oorkom, kan onmoontlik voel terwyl jy daardeur gaan. Gelukkig is God in staat om meer te doen as wat ons kan vra of ons kan voorstel. Ontdek in hierdie 4-dag leesplan, hoe God jou van pyn en teleurstelling kan verlos en nuwe betekenis daaraan gee.

Verspotte Geloof
5 Dae
Iets in jou glo die onmoontlike. Iets in jou dagdrome oor 'n wonderwerk. Iets in jou weet jy is gemaak om 'n lewe van verspotte geloof te lewe. In hierdie 5-dag leesplan sal Pastoor Michael Todd jou begelei op 'n reis van geloof terwyl hy jou help om 'n nuwe perspektief op God se planne vir jou te kry: 'n toekoms wat jy jou skaars kan verbeel.

Voltooi die Wedloop van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #7
6 dae
Wanneer ons na die buiteland reis, moet ons seker maak ons het die regte geldeenheid om mee handel te dryf. Geloof kan vergelyk word met "koninkryksgeld". Ons kan nie in die koninkryk van die hemel handel dryf tensy ons geloof het nie. Hierdie sewende leesplan in die reeks neem ons deur Hebreërs, en wys ons hoe deurslaggewend geloof in ons daaglikse wandel met God is. Hoe lyk jou geloofsrekening?

The Chosen + BibleProject: Reeks 5-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vyfde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan ontgin temas in Jesus se laaste week in Jerusalem soos geregtigheid, gebed, status en die dood.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.