Gratis leesplanne en oordenkings oor HABAKUK 2:20

Tyd vir 'n nuwe bladsy!
5 dae
Dit is 'n nuwe jaar en ons kyk soos gewoonlik optimisties na die nuwe jaartal. Soms kwyn nuwe verwagtinge vroeg in die eerste kwartaal. Daarom is dit nodig dat ons vorentoe kyk, ons oë op Jesus vestig en agter Hom aanstap. Maak die blanko boek van 2024 oop en begin skryf op 'n nuwe bladsy!

Habakuk se hoop
7 dae
Toe Habakuk nie meer hoop gehad het nie, het hy ‘n besluit geneem om vir hom ‘n vestingmuur op te rig en om op God te wag. Moenie God inperk met jou eie gedagtes en oplossings nie. Bring jou nood voor God, maar wag vir sy perfekte tydsberekinging in jou lewe. Hy belowe om jou voete soos die van ‘n ribbok te maak wanneer jy teen hoë plekke moet loop.

Habakuk
11 Dae
Habakuk vra 'n groot "waarom, God?" Aan die begin van 'n reeks vrae en antwoorde met God oor hoe hy in 'n goddelose wêreld werk. Reis daagliks deur Habakuk terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan
13 Dae
Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.