Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 8:3

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
7 Dae
Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag leesplan, gaan ons kyk na van die beloftes wat die Hemelse Vader vir ons gee en die geloof wat ons nodig het om op sy beloftes te staan.

Onvolmaakte Mense in die Bybel
7 Dae
Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan gekom het, wat hulle vermoëns was, of hoe ontsaglik groot hulle foute was.

Voed Jou Geloof
7 Dae
Wat verwag jy nou? Verwag jy dat slegte dinge met jou gaan gebeur, of verwag jy dat God in jou lewe gaan opdaag? Ons vrees kan 'n selfvervullende profesie wees. Op dieselfde manier kan ons geloof ook die verloop van ons lewe lei. Vrees vergroot gevaar, terwyl geloof God vergroot!

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Herlewing in Nagaland Onder Die Headhunters
12 Dae
Nagaland is 'n provinsie van Indië, hoog in die Himalayaberge. Gedurende die tweede helfte van die 1900's was dit die enigste plek waar daar nog steeds kopjagters (headhunters) was. Gedurende 1957 het daar 'n uiters kragtige herlewing uitgebreek. Soos in die Nuwe Testament, was daar tekens, wonders, kragtige dade, genesings, drome, visioene en bevryding van demoniese magte.
