Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 7:59

Onvolmaakte Mense in die Bybel
7 Dae
Al het jy volgens menslike standaarde geringe of groot foute gemaak, wil God jou steeds gebruik. In hierdie sewe-dag leesplan sal ons van ses individue in die Bybel hoor wat deur God gebruik is, ongeag waar hulle vandaan gekom het, wat hulle vermoëns was, of hoe ontsaglik groot hulle foute was.

Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in Jou
7 dae
Weet jy wat dit beteken om "te wandel in die Gees"? Nou kan jy eerstehands uitvind wie die Heilige Gees is, aan wie Hy as gawe gegee word en hoe Hy sy verstommende funksie vervul. Die boek Handelinge is 'n goudmyn van onmeetbare waarhede. Ontdek self die dinamiese werking van God se Gees in die lewens van die eerste gelowiges.

Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te Hoop
7 Dae
Wêreldgebeure en persoonlike stryd kan jou moeg en angstig laat voel, maar niks is nuut vir God nie. Mense in Bybelse tye het dikwels dieselfde gevoel. Hierdie 7-dae leesplan van die topverkoper skrywer Jack Countryman fokus op sewe maniere waarop God vandag dieselfde hoop aan sy kinders gee as wat Hy ontelbare kere aan helde in die Bybel voorsien het.

Wanneer die Heilige Gees werk
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Om jou naaste lief te hê soos jouself
13 Dae
Een van die bekendste gebooie in die Bybel is om jou naaste lief te hê. Jesus noem dit die tweede grootste gebod, tweede ná die liefde vir God. Maar wie is ons naaste, en wat beteken dit werklik om ander lief te hê? In hierdie leesplan ondersoek ons Jesus se lering oor hierdie gebod. Aan die hand van die Skrif en praktiese voorbeelde sal ons ontdek hoe ’n mens hierdie liefde in die praktyk uitleef.