Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 4:9

God Is So Goed
5 Dae
Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".

Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplan
7 Dae
Byna almal stem saam dat hierdie wêreld gebroke is. Wat as daar egter 'n oplossing is? Hierdie 7-dag Paasfees leesplan begin met die unieke ervaring van die dief aan die kruis en oorweeg waarom die enigste werklike antwoord op gebrokenheid gevind word in die teregstelling van 'n onskuldige man: Jesus, die Seun van God.

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Herlewing in Nagaland Onder Die Headhunters
12 Dae
Nagaland is 'n provinsie van Indië, hoog in die Himalayaberge. Gedurende die tweede helfte van die 1900's was dit die enigste plek waar daar nog steeds kopjagters (headhunters) was. Gedurende 1957 het daar 'n uiters kragtige herlewing uitgebreek. Soos in die Nuwe Testament, was daar tekens, wonders, kragtige dade, genesings, drome, visioene en bevryding van demoniese magte.