Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 27:24

Alles Gaan Ok Wees
4 dae
Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedagtes vir ‘n oomblik kan rig op die Een wat alles ok maak, sal ons besef dat daardie woorde nie te ver van ‘n werklikheid is nie.

Wanneer God Vir Jou ‘n Engel Stuur
4 Dae
Hierdie 4-dagleesplan verduidelik hoe God steeds sy engele stuur om mense te beskerm, te lei en te versterk. Deur Bybelse verhale soos dié van Hagar, Daniël, Elia en Jesus sien ons dat God hulp stuur in tye van teleurstelling, vernedering, vrees, versoeking en swaarkry. Alhoewel ons nie altyd engele sien nie, leer die Skrif dat God oor sy kinders waak en hulp voorsien wanneer ons Hom nodig het. Hierdie boodskappe herinner ons om op God te vertrou, moed te hou en te glo dat ons nie alleen is nie, want God sorg op wonderlike maniere vir ons.

Hoop op Hom
5 dae
Wanneer God aan jou kant is, hoef jy niks te vrees nie. Selfs wanneer dit voel of jy in ’n diep vallei is, sal God jou na veiligheid dra. Plaas jou hoop en vertrou in Hom, want Hy sal jou nie in die steek laat nie. Hierdie 5-dag-leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Geroep op die golwe in die Bybel
5 Dae
Die Bybel se bote is nooit net bote nie. Van Jona wat probeer vlug tot dissipels wat nette uitgooi en Paulus wat skipbreuk ly. Telkens word water ’n plek waar God mense roep, vorm en stuur. Hierdie 5-dagleesplan ontdek hoe gewone bote kansels, klaskamers en selfs stormruimtes word waar God se stem duideliker begin klink. Dalk wys dit ook iets van jou eie boot: jou werk, jou gesin, jou bediening of jou onseker waters waar God steeds besig is om te roep.

Kaalvoet Op Heilige Grond
6 dae
'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val het. Hy bemagtig hulle met sy Heilige Gees, wat 'n gebeds-honger in hulle harte wek en hulle in staat stel om sy plan uit te voer!

Vandag Se Vers
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Hoe om die storms van die lewe te oorleef
12 Dae
Elkeen van ons sal op een of ander stadium in die lewe deur storms gaan. Al ons sekuriteit verkrummel, ons wonder hoekom God dit laat gebeur en wanneer die storm sal bedaar. Hierdie leesplan gee jou waardevolle raad om in so 'n situasie standvastig te bly. Hierdie raad is gebaseer op 'n ware Bybelse verhaal uit die boek Markus.

Stormbestand
21 dae
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!