Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KRONIEKE 3

Tempels In Die Heilige Skrif
4 dae
Deur die eeue heen het die blote gedagte aan Jerusalem die diepste gevoelens in Jode sowel as Christene geroer. Jerusalem, die stad van die lewende God! Jesus het geween oor die stad Jerusalem waarbinne die tempel van die Here gestaan het. Daar word in die Bybel in die geskiedenis van, en profesieë oor, Israel na die vier tempels verwys waarna ons gaan kyk in hierdie plan.

2 Kronieke
18 Dae
In 2 Kronieke kry ons 'n ander perspektief op stories wat ons oor Israel se vorige konings en profete gehoor het. Reis daagliks deur 2 Kronieke terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Kom Ons Lees Saam die Bybel (Augustus)
31 Dae
Deel agt van 'n reeks van 12, wat groepe deur die hele Bybel lei in 365 dae. Nooi ander om elke maand by jou aan te sluit as julle 'n nuwe afdeling begin. Hierdie reeks werk goed saam met die Bybel op CD—luister in minder as 20 minute per dag! Elke afdeling sluit Ou- en Nuwe Testamentiese hoofstukke in, met Psalms tussendeur versprei. Deel agt sluit die volgende boeke in: 1 en 2 Kronieke, 1 en 2 Tessalonisense en Esra.