Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Deur Jean KeysVoorbeeld

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

DAG 4 VAN 5

Goddelike verbindings  


’n Belangrike ding om te begryp omtrent die vervulling van ’n droom, is dat daar Goddelike verbindings op jou reis sal wees. Wat bedoel ek daarmee? Om jou droom te vervul, sal God mense oor jou pad bring wat jou sal help om jou doel te bereik – mense wat jy dalk nooit verwag het om te ontmoet nie. Dit mag dalk op ’n manier gebeur wat jou verstom laat met die besef dat slegs God dit kon gereël het.


Elke mens wat jy teëkom, is ’n moontlike Goddelike verbinding; iemand se pad kruis met joune ter wille van ’n groter doel en roeping. Sekere gebeurtenisse kan ook jou afspraak met jou roeping wees. ’n Goddelike verbinding is iets wat groter as jy is ‒ daarom is dit ’n Godgegewe konneksie. Daardie Goddelike verbinding kan iemand wees wat vir jou ’n deur oopmaak om werk te vind of dit kan iemand wees wat ’n prikkelende vraag vra wanneer dit nodig is.


Dit kan onverwags en skielik gebeur, dus moet ons op die uitkyk wees daarvoor. Jy kan nie bloot passief wees nie. Moenie bang wees om daaroor te droom en te praat nie. Wanneer daardie persoon oor jou pad kom, sal jy dit in jou binneste weet. Jy sal weet dat hierdie persoon oor jou pad gekom het om jou met jou reis te help. Jy sal begin om sin in ’n gewone lewe te sien.


Daardie mense kan jou inspireer met hul stories om nuwe moontlikhede te visualiseer en jouself los te maak van ou maniere van dink en glo wat van geen waarde is nie. As jy jou roeping wil uitleef, kan jy dit nie alleen aanpak nie. Jy het ander mense nodig. Jy het Goddelike verbindings nodig wat – dalk selfs onwetend – die volgende deur op jou pad vir jou sal oopmaak sodat jy kan deurstap.


Hierdie mense wat jy teëkom, sal dalk nie eers daarvan bewus wees dat hulle ’n Goddelike verbinding in jou lewe is nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontde...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/leef-jou-roeping-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid